Kruger spread its borders thanks to Mozambique

Fri Mar 03, 2017 6:57 am

"Translator" lol please O0

Kruger sprei sy grense danksy Mosambiek
Deur Elise Tempelhoff 02 Maart 2017 21:38

Die Groter Limpopo Oorgrenspark, waarvan die Krugerwildtuin die kern vorm, is met 240 000 ha vergroot deur die toevoeging van die Libombos-bewaringsgebied in Mosambiek.

Die gebied grens aan die Krugerwildtuin se oosgrens en is in die besit van nege private konsessiehouers.

Piet Theron, internasionale koördineerder van die Vredesparkstigting, het Donderdag gesê Mosambiek is die eerste land wat sedert 2002 – toe die ooreenkoms vir die vestiging van Groter Limpopo geteken is – grondgebied afgestaan het om by die res van die oorgrenspark te voeg.

Hy sê die formaliteite om Libombos by die oorgrenspark te voeg is nou afgehandel.

’n Bestuurskomitee sal binnekort gestig word om ’n gesamentlike plan vir die gebied op te stel.

In hierdie stadium is daar nog ’n versterkte heining van 180 km tussen die wildtuin en Libombos. Dié heining strek van die Olifantsrivier in die noorde tot by Krokodilbrug in die suide. Die verwydering, al dan nie van die heining, sal waarskynlik een van die eerste besprekingspunte van die gesamentlike komitee wees.

’n Geëlektrifiseerde heining is intussen aan die oostekant van Libombos opgerig. Volgens Theron was dit een van die voorwaardes vir die insluiting van Libombos by die oorgrenspark.

Libombos is nie oop vir besoekers nie en die bewaringsgebied kan ook nie direk van die suide van die wildtuin bereik word nie.

Luidens ’n verklaring deur die Vredesparkstigting beslaan die Groter Limpopo Oorgrenspark byna 100 000 km².

Libombos is merkwaardig in dié sin dat dit ’n groot verskeidenheid natuurlike en kulturele skatte huisves.

Dit het byna geen infrastruktuur nie en die menslike voetspoor in die gebied is baie klein.

Libombos is ook belangrik omdat dit een van die grootste renosterbevolkings huisves en saam met Suid-Afrika in die voorste linies teen stropers veg.

“Libombos is ’n waardevolle toevoeging tot bewaring, gemeenskapsontwikkeling en die stryd teen misdade teen wild,” aldus die stigting.

Re: Kruger spread its borders thanks to Mozambique

Sat Mar 04, 2017 11:42 am

Basically a 24 000 ha area bordering the east of Kruger in Mozambique is added to the Greater Limpopo Transfrontier Park. Its eastern side has been electrically fenced and the Kruger fence may be dropped.

There is virtually no infrastructure and no visitor facilities in the area, made up of 9 private concessions.

It is a dense rhino area, according to this...

(But there are no rhino left in Moz... 0- )

Re: Kruger spread its borders thanks to Mozambique

Sat Mar 04, 2017 2:25 pm

.....There is virtually no infrastructure and no visitor facilities in the area, made up of 9 private concessions......

Yeahhh .......It only accommodates hundreds of poachers ...........

Re: Kruger spread its borders thanks to Mozambique

Tue Mar 07, 2017 6:09 pm

Here is the map from a great article by Elize today:


http://lowvelder.co.za/378039/kruger-no ... wat-skuif/



Image


The problem is, if it does indeed include the Southern half of that strip, it is part of a long-running battle of concern regarding hunting and fence breaking from private owners that side... :O^


viewtopic.php?f=300&t=462