Tracker Dog attacked by Kudu

Sat Feb 11, 2017 6:16 pm

Facebook Post Jaco Gericke added 5 new photos.
11 hrs ·
Yesterday morning (10 February 2017) this girl doggy (TRACKER DOG) was attacked by a Kudu close to Letaba Camp. I went out to stabilize her while we waited for the KNP Helicopter to pick her and Andrew Desmet up.
She had a open chest wound but Andrew covered it nicely before I arrived.
She is currently in WEST ACRES ANIMAL HOSPITAL in Nelspruit and is doing well.

16640904_1429422537108930_7213754472618074758_n.jpg


16508469_1429422647108919_1086948835285154651_n.jpg


16664974_1429422530442264_3003852873364544231_o (1).jpg


16684119_1429422540442263_5007063697973686231_n.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Sat Feb 11, 2017 6:17 pm

Thanks, Rog! \O

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Sat Feb 11, 2017 6:35 pm

Shame

Hope she recovers quickly

\O

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Sat Feb 11, 2017 10:17 pm

Poor thing 0/0 But glad to hear that she's already doing well again. 0/0

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Mon Feb 13, 2017 9:21 am

Poor doggie. :-( Glad she got such excellent treatment. :ty:

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Thu Feb 23, 2017 8:28 pm

‎Mandi Malan‎ to SANParks KNP RANGER DOGS
8 mins
Good news - Akita is doing very well, her wound healing quickly. She is back at the K9 center for light duty and to rest. Thank you for all your concern and support. I will post more photos this weekend on her progress

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Mon Feb 27, 2017 11:10 am

^Q^

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Mon Feb 27, 2017 5:06 pm

They should train some off those Kudu's to sort out the poachers O** O**

Very good news that she is recovering ^Q^

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Mon Feb 27, 2017 5:58 pm

\O

Re: Tracker Dog attacked by Kudu

Tue Mar 21, 2017 1:49 pm

Looks like she's back at work! \O



VIDEO: Hondeheld gegaffel deur koedoe terug by wildtuinwerk
Dis nie elke hond wat opstaan na ‘n koedoe haar gegaffel het nie. Akita, hondeheld van die wildtuin, is amper reeds reg om weer stropers plat te trek na haar noue ontkoming met ‘n aanstormende koedoebul in Letaba.
6 hours ago

Elize Parker

SKUKUZA – ‘n Beseerde hondeheld van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) se K9-eenheid, Akita, het die afgelope weke die harte van menige honde- en wildtuinliefhebber gesteel.

Johan de Beer, bestuurder van die NKW se K9-Eenheid, is trots op hoe vinnig sy herstel het. Akita is die sewe jaar oue Malinois-hond van die eenheid wat ‘n tydjie gelede tydens patrollie in Letaba met ‘n koedoebul kragte gemeet het.

Paramedikus Jaco Gerritse het ingespring om Akita se lewe te red nadat sy tydens patrollie deur ‘n koedoebul gegaffel is.

Akita is sedert 2012 in Letaba werksaam en is ‘n trotse lid van die groep van vier honde wat hier werk.

Tydens ‘n soektog te voet na stropers, het sy omtrent 10m vooruit gedraf.

Na die onlangse reën is die riviere oorgroei met heuphoogte bosse. ‘n Troppie koedoes het midde-in so ‘n klompie bosse gelê. ‘n Bul het opgestaan toe hy die hond deur die bosse sien spoorsny, en het gestorm. Hy het haar behoorlik gegaffel maar moes gou bes gee en het weggehardloop. As gevolg van haar getjank kon haar hanteerder haar dadelik vind.

Akita se bors is vir ‘n hele paar sentimeter deur die bul se horings oopgeskeur.

Haar hanteerder kon vinnig hulp ontbied. Die streeksveldwagter van Letaba, Andrew Desmet, het vinnig ingespring om seker te maak als verloop reg.

Paramedici van Phalaborwa, onder leiding van Jaco Gerritse, kon Akita dadelik kom versorg. ‘n Helikopter is ontbied om die spesiale vierpootpasiënt dringend na Mbombela vanuit Letaba te vlieg.

Akita is dringend na Mbombela per helikopter vervoer.

Sy het by die West Acres Dierehospitaal onder die bekwame versorging van drs. Nicola Coleborne en Albertus Coetzee aangesterk. Die praktyk het ‘n sagte plekkie vir die wildtuin se honde en het ook ‘n paar weke gelede die patrolliehond, Crater geopereer om ‘n klip uit sy maag te verwyder. Crater het by die dood omgedraai.

Akita is onlangs na die K9-eenheid in die wildtuin teruggeneem. Vir eers sê De Beer was Akita op hok gehou sodat sy van haar beserings kan herstel, maar ‘n ruk gelede is sy uitgelaat en het sy reeds weer deel van die eenheid se werksaamhede by hul tuisbasis geword.

Sy is gebruik in opleiding as die bythond tydens gesimuleerde sitiuasies soos op die video hierby.

“Sy is ‘n baie dapper hond, spelerig en rustig. Soek graag aandag. Dis nie elke hond wat kan herstel en terugkom veld toe na so ‘n besering nie. Ons wag net totdat die wond toegroei. Daar is nie steke ingesit nie sodat dit natuurlik kan heg. Ons sal oor ‘n rukkie weet wanneer sy weer veld toe kan gaan.

As dit van haar afhang, is dit sommer volgende week. “Sy is so ‘n ywerige werker, maar vir eers is dit geen swaar veldwerk nie,” sê De Beer.

Nog nuus van die eenheid is dat Izak Venter ‘n kunstenaar van Kaapstad ‘n mosaiekmuurplaat geskenk aan die eenheid geskenk het. Die bestuurder van die eenheid, Johan de Beer (links), het dit in ontvangs geneem. Dit sal aangebring word by die NKW K9-Herinneringsmuur.


http://lowvelder.co.za/379740/video-hon ... dtuinwerk/